Vreemde Stad

Donker word die lug so blou
Ek sit hier in my flat alleen
Die lug is vars, die reën is stil
Die aand se woel skaars begin

Ek's vreemdeling in vreemde stad
Niks branders oorkant hierdie pad
My deur staan heeldag wawyd oop
Maar nog net stilte het hier ingeloop

Jou trane oor die telefoon
Ek weet dis my verdiende loon
My grootste fout ek word ook oud
Het jou laat agterbly om te wag vir my

As alles om jou wegraak
En die wêreld jou maar min traak
As die mure om jou begin kraak
Die gemmerbrandewyn min raak

Tussen stegies en geboue
In Bernettestraat se oggend koue
Word die wedloop tot stof gedwing
Dan kom die stilte wat jou huis toe wil bring

Jou trane oor die telefoon
Ek weet dis my verdiende loon
My grootste fout ek word ook oud
Het vir jou laat agterbly om te wag vir my

Jou trane oor die telefoon
Ek weet dis my verdiende loon
My grootste fout ek word ook oud
Het vir jou laat agterbly om te wag vir my
Het vir jou laat agterbly om te wag vir my

Wissenswertes über das Lied Vreemde Stad von Theuns Jordaan

Wann wurde das Lied “Vreemde Stad” von Theuns Jordaan veröffentlicht?
Das Lied Vreemde Stad wurde im Jahr 2007, auf dem Album “Vreemde Stad” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Theuns Jordaan

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)