Hart

Liefde loop nie om die hoek nie
Wou nie wag nie, wou nie soek
Jy het my halfpad gekry met liefde aan die hand gelei
In 'n stukkende gebreekde wêreld waar ons koers verloor
Het my beter helfde my net betyds daar uitgekry

Oor en weer jy doen dit oor en weer vir my
Oor en weer jy kyk so mooi na my

Hart hart
My hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
En jy is als wat saak maak in my

Hart hart
My hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
Vir altyd sal ek terug kom na my hart

Die spore van ons liefde sal my lei
Vir altyd na my hart toe waar jy bly

Soveel water moes al uitloop
Soveel liefde opgehoop
Maar as ek in jou oë in kyk
Weet ek hoe my vrede lyk
Jy's my wêreld jy's my oomblik waarin ek weer lewe kry
Jy't vir ons twee opgestaan jy't die pad voor my gelei

Oor en weer jy doen dit oor en weer vir my
Oor en weer jy kyk so mooi na my

Hart hart
My hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
En jy is als wat saak maak in my

Hart hart
My hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
Vir altyd sal ek terug kom na my hart

Die spore van ons liefde sal my lei
Vir altyd na my hart toe waar jy
Myne is joune is ons s'n
Is als waarvoor ek altyd kon hoop en kon droom en kon bid

Oor noord doen jy dit vir my
Oor noord doen jy dit vir my

Hart hart
My hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
En jy is als wat saak maak in my

Hart hart
My hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
Vir altyd sal ek terug kom na my hart

Hart hart
My hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
En jy is als wat saak maak in my

Hart hart
My hart is waar my huis is
My huis is daar waar jy is
Vir altyd sal ek terug kom na my hart
Die spore van ons liefde sal my lei
Vir altyd na my hart toe waar jy bly

Beliebteste Lieder von 4Werke

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)