My Kompas
Na die noorde na die suide
Van die ooste my hart is my kompas
Lank, hoe lank gaan dit vat?
Hoeveel draaie moet ek stap?
As alles wys na jou toe
Voel, voel jy die stof gaan lê?
As die stilte vir my sê
'n Man se hart vat hom huis toe
Waar ek is en waar ek rigting vra
Sal my kompas my na jou toe dra
Na die noorde na die suide
Van die ooste tot in die weste na jou toe
Oppad na jou toe
Waar daar son is waar daar reën is
Waar dit koud is waai die wind my na jou toe
My na jou toe
'n Duisend myle ver al loop ek met 'n ompad (Loop ek met 'n ompad)
Hou ek aan ons vas my hart is my kompas
Hoor, hoor jy hoe ek roep?
Die kere wat jy soek
Vir antwoorde wat kan heel maak
Kyk en kyk jy sal my sien
'n Skadu teen die son
Maak nuwe spore na jou toe
Waar ek is en waar ek rigting vra
Sal my kompas my na jou toe dra
Na die noorde na die suide
Van die ooste tot in die weste na jou toe
Oppad na jou toe
Waar daar son is waar daar reën is
Waar dit koud is waai die wind my na jou toe
My na jou toe
'n Duisend myle ver al loop ek met 'n ompad (Loop ek met 'n ompad)
Hou ek aan ons vas my hart is my kompas
Deur dag en die nag sal ek terug kom na jou toe
Ek weet dis waar ek my helfte gaan vind
Niks is te groot nie en niks is te veel nie
As ek een is met jou (Ek een is met jou)
Na die noorde na die suide
Van die ooste tot in die weste na jou toe (Na jou toe)
Oppad na jou toe (Oppad an jou toe)
Waar daar son is waar daar reën is
Waar dit koud is waai die wind my na jou toe (My na jou toe)
My na jou toe
'n Duisend myle ver al loop ek met 'n ompad (Loop ek met 'n ompad)
Hou ek aan ons vas my hart is my kompas