Asem In

Ek en jy deel die wêreld saam
Na lande wat ons nie verstaan
Hotel kamers raak soms een te veel

Vêr paaie deel ek alleen
Geen pilaar wat my ondersteun
Memories die vriend hier binne my

Asem in
As verlange somtyds nader
Waar die duister ook in my ronddwaal
Maak jou oë toe en kyk na bo

Daar’s ‘n engel aan jou sy
Daar’s ‘n engel aan jou sy wat jou sal lei

Tye terug is ek nooit alleen
Kuier aande is vir my ‘n seen
Vir stories lag oor vriende se berou

Familiedae en potjiekos
Is een ding wat my hart verlos
Van swaarkry deur die maande sielsalleen

Asem in
As verlange somtyds nader
Waar die duister ook in my ronddwaal
Maak jou oë toe en kyk na bo

Daar’s ‘n engel aan jou sy
Daar’s ‘n engel aan jou sy wat jou sal lei

Wat’s meer werd as drome?
En wie kan rigting gee?
Verlang jy ook na vriende?
Deur al jou pyn en seer

Asem in
As verlange somtyds nader
Waar die duister ook in my ronddwaal
Maak jou oë toe en kyk na bo

Daar’s ‘n engel aan jou sy
Daar’s ‘n engel aan jou sy
Daar’s ‘n engel aan jou sy wat jou sal lei

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)