Papsopwinterwaternat [Accoustic]

Jy's my papsopwinterwaternat
Rooikop, groen-oog meisie wat lag, lag in die reën sal dans
En my laat dink ek het 'n kans

Jy, ek, ons
Al die koue gespreke en die koffie voor die kaggelvuur
Laat my hart soos 'n byekorf gons
As jou woorde my insluk en toevou tot in die oggend uur

Al die vreegde wat jy is kyk die liefde in my mis, jy's die rots waaroor ek myself breek

Jy's my papsopwinterwaternat
Rooikop, groen-oog meisie wat lag, lag in die reën sal dans
En my laat dink ek het 'n kans
Winterkoningin prinses, jy dink ek is net een van die res
'n Bietjie van jou is net te veel, ek wil meer as alles met jou deel

Ek dink aan jou
Met jou oë so groen is jy die mooise vrou in die hele wes Kaap
En ek wonder nou
Of 'n engel so onskuldig lyk soos jy as jy slaap

In 'n tas pak ek die hoop dat jou hart myne raak sal loop
Jy's die rots waaroor ek myself breek

Jy's my papsopwinterwaternat
Rooikop, groen-oog meisie wat lag, lag in die reën sal dans
En my laat dink ek het 'n kans
Winterkoningin prinses, jy dink ek is net een van die res
'n Bietjie van jou is net te veel, ek wil meer as alles met jou deel

Meer as alles, meer as alles, meer as alles wil ek met jou deel
Meer as alles, meer as alles, meer as alles wil ek met jou deel
'n Bietjie van jou is net te veel

Jy was my papsopwinterwaternat
Rooikop, groen-oog meisie wat my kon breek met een glimlag
Nou wag ek maar vir 'n somersdag

Wissenswertes über das Lied Papsopwinterwaternat [Accoustic] von Adam

Wann wurde das Lied “Papsopwinterwaternat [Accoustic]” von Adam veröffentlicht?
Das Lied Papsopwinterwaternat [Accoustic] wurde im Jahr 2011, auf dem Album “Adam” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Adam

Andere Künstler von House music