Hê My Lief

Andrea van Tonder

In my kamer hang die gordyne swaar
Al die geheime verblind as 'n sonstraal deur breek
En my bewus maak van my verlore sake
Ontsnap in jou arms
Sal jy met my saggies praat?

O sien my foute
En hê my lief
O sien my foute
En hê my lief

Diep in die see van my gewete
Verdwyn die horison se lig
Verlange ruk my
Jou afwesigheid verstik in my keel
My leë palm opsoek na jou verlede warmte

O sien my foute
En hê my lief
O sien my foute
En hê my lief

Regverdig my bestaan
Roep my naam
Soen my trane droog
In die lig van die volmaan

O sien my foute
En hê my lief
O sien my foute
En hê my lief

Beliebteste Lieder von Akimbo

Andere Künstler von Acid jazz