Boskind

Nou staan jy in die stilte
Jy weet jy is alleen
Jy het geen kind of kraai nie
Waarheen moet jy dan heen?

Jy hoor nogsteeds die eggos
Van ‘n langvergete land
Dit verf al kleur graffiti
Teen die mure van jou hart

Al die stories van ‘n boskind
Wat weer haar voete vind
Haar hare vol jasmyn soos blare vars gepluk
Die reuk nogsteeds by my

In die woude duskant Knysna
Is haar huisie waar sy bly
Ons almal ken daai boskind
Wat hier in ons harte bly

Haar naam nog nie vergete
Dit lê diep binne my
Toegesluit in die kluise
Waar my kinderhart nog bly

Sy kom nog saans en fluister
Haar geheime in my oor
Sy ken presies die woorde
Wat die kind in my wil hoor

Al die stories van ‘n boskind
Wat weer haar voete vind
Haar hare vol jasmyn soos blare vars gepluk
Die reuk nogsteeds by my

In die woude duskant Knysna
Is haar huisie waar sy bly
Ons almal ken daai boskind
Wat hier in ons harte bly

Al die stories van ‘n boskind
Wat weer haar voete vind
Haar hare vol jasmyn soos blare vars gepluk
Die reuk nogsteeds by my

In die woude duskant Knysna
Is haar huisie waar sy bly
Ons almal ken daai boskind
Wat hier in ons harte bly

Wissenswertes über das Lied Boskind von Appel

Auf welchen Alben wurde das Lied “Boskind” von Appel veröffentlicht?
Appel hat das Lied auf den Alben “Lei My Na Die Water” und “Boer Loop Deur My Are” im Jahr 2018 veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Appel

Andere Künstler von