Dink Aan My

Voel jy my nog elke aand by jou?
Deur die jare heen bly ek getrou
'n Skaduwee om elke hoek en draai
In 'n brief het jy ons liefde veraai

En die tyd sal leer of ek vir jou moet wag
In my drome sal vir ewig elke nag

Dink aan my as die maan helder skyn
Dink aan my as jou wêreld verdwyn
Dink aan my wanneer al jou drome waar word
Ek weet jy sal
Ek weet jy sal
Ek weet jy dink aan my

Jou waarde het spoorloos verdwyn
En ek wonder of die maan nog helder skyn?
'n Foto teen die muur is ons bestaan
Hoe kan ware liefde so vergaan?

En die maande sê die tyd is nou verby
Sprei jou vlerke en vlieg terug na my

Dink aan my as die maan helder skyn
Dink aan my as jou wêreld verdwyn
Dink aan my wanneer al jou drome waar word
Ek weet jy sal
Ek weet jy sal
Ek weet jy dink aan my

Kan 'n mens 'n man se hart weer heel maak
As hy elke dag na 'n vreemdeling verlang?
En jou woorde maak nie saak nie jy’t dit weggegee
En ek staan alleen in die reën

Dink aan my as die maan helder skyn
Dink aan my as jou wêreld verdwyn
Dink aan my wanneer al jou drome waar word
Ek weet jy sal
Ek weet jy sal
Ek weet jy dink aan my

Oo ek weet jy sal
Ek weet jy sal
Ek weet jy dink aan my

Wissenswertes über das Lied Dink Aan My von Arno Jordaan

Wann wurde das Lied “Dink Aan My” von Arno Jordaan veröffentlicht?
Das Lied Dink Aan My wurde im Jahr 2010, auf dem Album “Stukkie Van Jou Hart” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Arno Jordaan

Andere Künstler von Afrikaans