Boemelaar
Ken jy die geheime
Die verlede
Die gedagtes van die straat?
Elke dag staan ons en wag aan die kant van die straat bedel ons tot laat
Asseblief meneer wil jy nie help nie
Ek soek wit brood maar ek kort twee rand
Maar ek bly lief vir julle
Al is ons miskien op straat
Ek doen my bes vir julle
Ek weet ons gaan dit maak
Bly altyd lief en nederig
Ons almal is gelyk
Al is jou skoene stukkend
Kyk altyd op en wees bly
Wees bly
Kom my kinders jul ma is dood
Sy't gebedel met haar lyf
Kom my kinders ons vat ons goed
Tel op jou boetie en gee my hoed
Dis 'n skande om so te staan
Maar ek bly lief vir julle
Al is ons miskien op straat
Ek doen my bes vir julle
Ek weet ons gaan dit maak
Bly altyd lief en nederig
Ons almal is gelyk
Al is jou skoene stukkend
Kyk altyd op en wees bly
Wees bly
Maar iewers langs die pad moet ons tog sit en wag
Ons vat die pad na die volgende stad
Miskien is daar 'n plek wat vir ons wag
Elke dag sien ons die mense
Almal met vervulde wense
My dogtertjie vra my, Pa is ons mense?
Maar ek bly lief vir julle
Al is ons miskien op straat
Ek doen my bes vir julle
Ek weet ons gaan dit maak
Bly altyd lief en nederig
Ons almal is gelyk
Al is jou skoene stukkend
Kyk altyd op en wees bly
Wees bly
Wees bly