Jy Kon Nie Bly Nie (Pretoria)

Pretoria was nog nooit so stil nie
Ek is alleen maar jy weet ek wil nie
Pretoria was nog nooit so stil soos nou nie
Ek ry deur tot Fonteinedal
Die Brooklyn sirkel maak my mal
Die strate was nog nooit so stil sonder jou nie

Want iewers langs die highway het ek jou verloor
En iewers tussen alles het ek jou gehoor
Net soos Romeo vir Juliet gaan soek
Lees ek, in daai boek

Hulle sê jy kon nie bly nie
Jy sê dis nie oor my nie
Maar hoe kan ek jou glo, as jy bly sê dis so
Met trane in jou oë
Hulle sê jy kon nie bly nie
Ek weet jy's nie okay nie
Maar ek sal by jou staan
Waardeur jy nou gaan
Bel my net vanaand

Pretoria was nog nooit so blou nie
Ek moes jou sê ek is spyt ek wou nie
Pretoria was nog nooit so blou soos nou nie
Ek ry die hele nag verby
Opsoek na jou of miskien vir my
Die strate was nog nooit so stil sonder jou nie

Want iewers langs die highway het ek jou verloor (Jou verloor)
En iewers tussen alles het ek jou gehoor (Jou gehoor)
Net soos Romeo vir Juliet gaan soek
Lees ek in daai boek

Hulle sê jy kon nie bly nie
Jy sê dis nie oor my nie
Maar hoe kan ek jou glo, as jy bly sê dis so
Met trane in jou oë
Hulle sê jy kon nie bly nie
Ek weet jy's nie okay nie
Maar ek sal by jou staan
Waardeur jy nou gaan
Bel my net vanaand

En dit was nog nooit soos nou nie
Alles was nog nooit so blou nie
Die lewe was nog nooit so leeg sonder jou nie

Hulle sê jy kon nie bly nie
Jy sê dis nie oor my nie
Maar hoe kan ek jou glo, as jy bly sê dis so
Met trane in jou oë
Hulle sê jy kon nie bly nie (Hulle sê jy kon nie bly nie)
Ek weet jy's nie okay nie (Ek weet jy's nie okay nie)
Maar ek sal by jou staan
Waardeur jy nou gaan
Bel my net vanaand

Ja ek sal by jou staan
Waardeur jy nou gaan
Bel my net vanaand
(Hulle sê jy kon nie bly nie)
(Ek weet jy's nie okay nie)

Ek sal by jou staan
Waardeur jy nou gaan
Bel my net vanaand

Beliebteste Lieder von Bobby Van Jaarsveld

Andere Künstler von