Wat Geld Nie Kan Koop Nie

As jy wonder hoe ek voel
Want ek sê dit nie genoeg nie
Soms sê 'n man te veel
Maar nie wat hy bedoel nie
Dan kyk ek net na jou
Jy wat my regop hou
En ek sien wat jy werd is

Daar is soveel wat ek wil sê
Wat ek nie altyd wys nie
Ek hoop dat jy kan sien
Wat ek nie kan beskryf nie
Dan kyk ek in jou oë
Dis jy wat in my glo
En ek weet wat jy werd is

Wat geld nie kan koop nie
Wat woorde nie sê nie
Wat die wêreld nie het nie
Kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie
En jy nie altyd voel nie
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat geld nie kan koop nie

Wanneer tye moeilik raak
En ek dit nie verstaan nie
Is jy my regterhand
Wat my nie sal laat gaan nie
Dan kyk ek weer na jou
Jy wat my staande hou
En ek sien wat jy werd is (Werd is, werd is)

Wat geld nie kan koop nie
Wat woorde nie sê nie
Wat die wêreld nie het nie
Kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie
En jy nie altyd voel nie
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat geld nie kan koop nie

Want ek gaan op my knieë elke dag
Ek sê dankie vir als wat jy is
Soveel meer as wat ek voor kon vra

Wat geld nie kan koop nie
Wat woorde nie sê nie
Wat die wêreld nie het nie
Kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie
En jy nie altyd voel nie
Meer as dit alles kry ek by jou (Kry ek by jou)
Wat geld nie kan koop nie
(Geld nie kan koop nie, woorde nie sê nie)

Meer as dit alles kry ek by jou
Wat die oog nie kan sien nie (Wat die oog nie kan sien nie)
En jy nie altyd voel nie (Nie altyd voel nie)
Meer as dit alles kry ek by jou
Wat geld nie kan koop nie

Wissenswertes über das Lied Wat Geld Nie Kan Koop Nie von Bobby Van Jaarsveld

Auf welchen Alben wurde das Lied “Wat Geld Nie Kan Koop Nie” von Bobby Van Jaarsveld veröffentlicht?
Bobby Van Jaarsveld hat das Lied auf den Alben “Die Eerste 10 Jaar” und “Wat Geld Nie Kan Koop Nie” im Jahr 2012 veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Bobby Van Jaarsveld

Andere Künstler von