Zen

Daar was 'n tyd toe ek kon moor
Agressie het my siel versmoor
Ek het duur betaal vir hierdie lewe
Ek het duur betaal teen jou

Daar was maskers oor my oë
Toe ek in niks en niemand glo
Toe ek besef het ons het geen konflik
Verdwyn my masker met geloof

Draai die ander wang (Wang)
Of is jy nogsteeds bang? (Bang)
Om die minderer te wees? (Bang)
Wen jy met jou gees (Bang)

Wys my waarom, waarom moet ons baklei?
Sê my wie, gaan die seerste kry, my naam is Zen
Ek's moeg vir baklei (Bang)
Ek is moeg vir baklei

Toe ek omdraai en ek weg loop
Het jy gevoel dit is verby
Al was jy nog onseker
Nog onseker agter my

Dis alles sy selfbeheersing
In alles wat jy doen
Dis jou keuses en jou insig
Wat jou vyande versoen

Draai die ander wang (Wang)
Of is jy nogsteeds bang? (Bang)
Om die minderer te wees? (Bang)
Wen jy met jou gees (Bang)

Wys my waarom, waarom moet ons baklei?
Sê my wie, gaan die seerste kry, my naam is Zen
Ek's moeg vir baklei (Bang)
Ek is moeg vir baklei

Draai die ander wang
Of is jy nogsteeds bang?
Om die minderer te wees?
Wen jy met jou gees

Wys my waarom, waarom moet ons baklei?
Sê my wie, gaan die seerste kry, my naam is Zen
Ek's moeg vir baklei
Ek is moeg vir baklei
Ek is moeg vir baklei

Beliebteste Lieder von Bobby Van Jaarsveld

Andere Künstler von