Die Drie Varkies

ESTE GRIESEL

Die eerste varkie bou 'n huisie van strooi
Van hooi en strooi, dis alte mooi
Die eerste varkie bou 'n huisie van strooi
In die land maak hy sy kooi

Wolf klop aan die deur
(Varkie maak gou oop en laat my in of)
(Nee, nee, nee nooit nie nee)
(Wel dan gaan ek blaas en jou huisie om blaas)

En hy blaas
En hy blaas
En hy blaas die huisie om
Die varkie hardloop na sy boetie in die woud, veilig in die huisie van hout

Die tweede varkie bou 'n huisie van hout
Met stokke en pale is dit maar koud
Die tweede varkie bou 'n huisie van hout
In die donker woud, 'n huisie van hout

Wolf skop aan die deur
(Varkie maak gou oop en laat my in of)
(Nee, nee, nee nooit nie nee)
(Wel dan gaan ek blaas en jou huisie om blaas)

En hy blaas
En hy blaas
En hy blaas die huisie om

Die varkies hardloop gou na hul boetie in die reën, veilig in die huisie van steen

Die derde varkie bou 'n huisie van steen
Met deure en vensters, hy alleen
Die derde varkie bou 'n huisie van steen
In die groen vallei met 'n lang skoorsteen

Wolf kap aan die deur
(Varkie maak gou oop en laat my in kom)
(Nee, nee, nee nooit nie nee)
(Wel dan gaan ek blaas en jou huisie om blaas)

En hy blaas
En hy's boos
En hy blaas en blaas en blaas

En Hy blaas
En hy huig
En hy blaas sy asem uit

Die huisie staan sterk
Die varkies is bly en nou is die storie verby

Wissenswertes über das Lied Die Drie Varkies von Carike Keuzenkamp

Wann wurde das Lied “Die Drie Varkies” von Carike Keuzenkamp veröffentlicht?
Das Lied Die Drie Varkies wurde im Jahr 2011, auf dem Album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 8” veröffentlicht.
Wer hat das Lied “Die Drie Varkies” von Carike Keuzenkamp komponiert?
Das Lied “Die Drie Varkies” von Carike Keuzenkamp wurde von ESTE GRIESEL komponiert.

Beliebteste Lieder von Carike Keuzenkamp

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)