Hemel Op Tafelberg
Die eerste soen kan ek onthou
Laurika op die radio
Ek lewe 'n lied
En jy's my nommer een
Jy's lief vir my en ek vir jou
En saam het ons 'n huis gebou
'n Klein begin
Maar dis genoeg vir nou
En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Mmm en dit reën in die Klein Karoo
En daar's goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Mmm en dit reën in die Klein Karoo
Jy's my hemel
Jy's my engel
Jy's hier by my, by my
In liefde het ons saam geleer
Opgestaan en weer probeer
Druk my vas
En soen my nog 'n keer
As trane oor my wange rol
Voel ek jou hart hier binne my
Vanaand sien ek my kinders in jou oë (In jou oë)
In jou oë
En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Mmm en dit reën in die Klein Karoo
En daar's goud nou op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Mmm ja en dit reën in die Klein Karoo
Jy's my hemel
Jy's my engel
Jy's hier by my by my
En dis hemel op Tafelberg
Daar's 'n engel wat langs my lê
En dis alles wat ek wil hê
Mmm en dit reën in die Klein Karoo
Daar's nou goud op die koringlande
Daar's 'n stilte in my gemoed
En dis alles wat ek wil sê
Mmm en dit reën in die Klein Karoo
Jy's my lewe