Hoe Gaan Ons Hier Uitkom

Al wat ons beskerm ons moes gou leer
Gevaar was groot en jou hart gebreek
Die pad was lank die pad was swaar
Maar ek het jou spore in my siel bewaar

Ma ek weet die lewe maak seer
Ons kan ook net soveel wil beheer
En die kronkelpad het ons om ‘n draai gevat

Beperkings word oorom gelê
Wat wil die wêreld nou sê?
Hoe gaan ons hier uitkom?
Hoe gaan ons hier uitkom?
Hoe gaan ons hier uitkom?

Die toekoms sal ons dalk nog wys
Wat is die hoog en die laagste prys
Ek weet nou waarop ek moet bou
En dit gaan alles net oor jou

Ma ek weet die lewe maak seer
Ons kan ook net soveel wil beheer
En die kronkelpad het ons om ‘n draai gevat

Beperkings word oorom gelê
Wat wil die wêreld sê?
Hoe gaan ons hier uitkom?
Hoe gaan ons hier uitkom?
Hoe gaan ons hier uitkom?

Ek hoop Ma hoor my
Ek hoop Ma weet ek staan nog sterk
Ek sal oorleef
Want van die lewe en liefde
Het ek in jou oë gelees

Ma ek weet die lewe maak seer
Ons kan ook net soveel wil beheer
En die kronkelpad het ons om ‘n draai gevat

Beperkings word ooromgelê
Wat wil die wêreld sê?
Hoe gaan ons hier uitkom?
Hoe gaan ons hier uitkom?
Hoe gaan ons hier uitkom?
Hoe gaan ons hier uitkom?

Beliebteste Lieder von CHARLIZE BERG

Andere Künstler von Afrikaans