Kyk Hoe Glinster Die Maan
Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader
In werklikheid ry hy mos met 'n slee
Maar hier stap hy deur die mielies
Met ‘n streepsak en 'n kierie
En my boetie vra, boer hy by Clocolan?
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Die winde van die winter het my kinderhart ontnugter
Ek en boetie kry 'n rooi jas in die laai
Jonk van jare oud van dae
Huil ek hartseer in die kamer
Want die fantasie het soos 'n droom verdwyn
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
In 'n brief van later jare skryf ek liewe Kersfeesvader
Elke meisie het ‘n spesiale wens
Vir 'n man so soet soos suiker, met ‘n motor sonder duike
Soen hy jou, dink jy dis net ‘n droom
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
En ek stap toe op 'n aand laat, met ‘n kêrel uit die Vrystaat
En al ry hy 'n ou bakkie, sê ek Kersfeesvader dankie
Want al sy soene is soos suiker
En in sy hande 'n diamant
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan
Kinders om die boompie hulle wag nou vir die oompie
My dogtertjie is net 'n bietjie bang
Maar hy stap hier uit die branders
Ja die tye het verander
My seuntjie vra woon hy in Jeffreysbaai?
Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is jou drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan