Somer Kersfees

Welkom o stille nag van vrede
Onder die Suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede
Oor sterrevelde reis

Kersfees kom
Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
In hierdie land o Heer

Hoor jy hoe sag die klokke beier?
In eeue-oue taal
Kyk selfs die nagtelike swye
Vertel die ou verhaal

Kersfees kom
Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
In hierdie land o Heer

Kersfees kom
Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
In hierdie land o Heer

Welkom o stille nag van vrede
Onder die Suiderkruis

Beliebteste Lieder von CHARLIZE BERG

Andere Künstler von Afrikaans