Afskeid

Dit was jou laaste onversoenb're wens
Dit lê my laaste hoop aan bande
Daarna was ek nie meer dieselfde mens
En staan ek met jou skraal groet in my hande
En staan ek met jou skraal groet

En leef jy in portrette en ou drome
En leef jy in my siel volmaak en vry
Wit vlieg die voëls verby die bome
Uit tien wit briewe spreek jou stem tot my
Uit tien wit briewe spreek jou stem

Uit tien wit briewe spreek jou stem tot my
Uit tien wit briewe spreek jou stem

Toe moes ek my van andere afwend
En toe my ongeneesbaarheid vermoed
Jy sal jouself vir my nooit skend
Want in my hande lê jou laaste groet afskeid

Beliebteste Lieder von Chris Chameleon

Andere Künstler von Pop rock