Droomland

Ek ontwaak
In my droomland
Het laas my oë gesluit
In verloorland
Ek probeer my bes om jou te vergeet
Maar ek onthou (Ek onthou)
Wat jy van my weet

En ek dink ek mis jou
Maar hoe sal ek ooit kan sê, ja?
Ek dink ek mis jou
Maar sou ek jou terug wou hê?

En jy staan jou wêreld in my geheue
Met die pêrels wat selfs
Die varke teruggee en ek voel wat jy nooit sal berou nie
Is die misdaad net wat jy onthou (Wat jy onthou)
Onthou of nie?

My verloor die dag
Toe ek jou gevind het
Was 'n dwaas die dag
Toe ek begin dink het, dis die kettings wat die man kan breek en
Die vurktong waar die waarheid, die waarheid in steek

En ek dink ek mis jou
Maar hoe sal ek ooit kan sê, ja?
Ek dink ek mis jou
Maar sou ek jou terug wou hê?

En die vuur wat ons vroeër gedeel het
Is die as wat ons
Lank reeds verveel het en ek voel maar ek
Ek kan dit nie glo nie en ek sien maar ek
Ek kan dit nie glo nie, is dit alles, net alles
Nie net n droom nie

Oh, ek dink ek mis jou
Maar hoe sal ek ooit kan sê, ja?
Ek dink ek mis jou
Maar sou ek jou terug wou hê?

En ek dink ek mis jou
Maar hoe sal ek ooit kan sê, ja?
Ek dink ek mis jou
Maar sou ek jou terug wou hê?

Beliebteste Lieder von Chris Chameleon

Andere Künstler von Pop rock