Epiloog

As die pyn en al die leed
Deur die pleister van tyd genees, wanneer die lag en lof in herinnering verdof
En as die rougeklaag
Mettertyd vervaag en as die jubelklank verswelg in die swanesang

Sal ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie

As die aande op die strand
En ons wandelinge hand aan hand in die branders van tyd verspoel soos ons spore in die sand
Tot die reis op die lang, lang pad bestemmingloos verloop my skat
En op die warm swart lint ons die toekoms nie meer kan vind

Sal ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie
Sou ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie

As een, alleen betree ons elk die wêreld alleen gaan ons uit, elk op sy bestemde tyd
Verniet verniet, die geskater en verdriet wanneer die nanag kom en ons sterretjie verskiet

Sal ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie
Sou ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie

Sou ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie
Sou ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie

Sou ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie
Sou ek my nooit die genot, of die gawe wou ontsê om ooit bemin te word, of lief te hê nie

Beliebteste Lieder von Chris Chameleon

Andere Künstler von Pop rock