Korreltjie Sand
Korreltjie korreltjie sand
Klippie gerol in my hand
Klippie gesteek in my sak
Word korreltjie klein en plat
Sonnetjie groot in die blou
Ek maak net 'n ogie van jou
Blink in my korreltjie klippie, dit is genoeg vir die rukkie
Pyltjie geveer en verskiet
Liefde verklein in die niet, timmerman bou aan 'n kis
Ek maak my gereed vir die niks
Korreltjie klein is my woord
Korreltjie niks is my dood, korreltjie klein
Korreltjie sand
Kindjie wat skreeu uit die skoot
Niks in die wêreld is groot
Stilletjies lag nou en praat
Stilte in doodloopstraat
Wêreldjie rond en aard blou
Korrletjie maak ek van jou
Huisie met deur en twee skrefies, tuintjie met blou madeliefies
Pyltjie geveer en verskiet
Liefde verklein in die niet, timmerman bou aan 'n kis
Ek maak my gereed vir die niks
Korreltjie klein is my woord
Korreltjie niks is my dood, korreltjie klein
Korreltjie sand
Korreltjie sand
Korreltjie sand
Korreltjie sand
Korreltjie sand