Laaste Baklei [Live]

Ek hoor die voƫls fluit en ek merk dat die son skyn
Doof hul uit, laat die lig verdwyn

Middernag kom helder oordag en woon in my
Ons laaste baklei
Ek en jy

En die buurhond blaf, kinders raas in die straat
Maar my siel het die buurt en my lyf lankal verlaat

Ek neem nie notisie nie nie van enigiets nie
Sedert ons laaste baklei
Ek en jy

En dis laat en die huis staan leeg
En my hart loop hom vas in 'n doodloopsteeg
Basuin my geheim uit
O kriekekoor
Die skreiende feit
Dat ek jou verloor

En die blare skarrel voor die wind doelloos rond
My verwoorde gedagtes verdor in my mond

Waar my hart ook vlug sleep herinnering hom terug
Na ons laaste baklei
Ek en jy

En dis laat en die huis staan leeg
En my hart loop hom vas in 'n doodloopsteeg
Basuin my geheim uit
O kriekekoor
Die skreiende feit
Dat ek jou verloor
Die skreiende feit
Dat ek jou verloor

Nooit gedink dit gaan 'n paradys wees nie
Ek het nie verwag dit moet sonder 'n prys wees nie
Ek weet al lankal 'n groot les kan jy nie klein leer nie
Maar ek het nooit gedink
Dit maak so seer nie

En dis laat en die huis staan leeg
En my hart loop hom vas in 'n doodloopsteeg
Basuin my geheim uit
O kriekekoor
Die skreiende feit
Dat ek jou verloor
Die skreiende feit
Dat ek jou verloor

Beliebteste Lieder von Chris Chameleon

Andere Künstler von Pop rock