Om Jammer Te Se
Om jammer te sê, is al wat ek kan sê om jammer te sê
Met net een woord my hart te verwoord, dit wat ek nou voel vir wat ek aan jou gedoen het
Nooit gedink
Jammer kan so 'n groot woord wees nie, ek het nooit gedink
Jammer kan so 'n groot woord wees nie
Soms maak ek seer, en ek kry altyd seer as ek die seer in jou oë sien
En wanneer dit gebeur dat ek die rede is vir wat ek in jou oë sien, maak dit my seer
Nooit gedink
Dat ek jou ooit so seer kon maak nie, ek het nooit gedink
Dat ek jou ooit so seer kon maak nie
En o
Om jou te verloor was 'n verlies so
Veel groter as wat ek kon glo
My daad verdof
Tot die stof waartoe stof terugkeer en die as van die vuur
Wat ons liefde eens was
Om dankie te sê vir wat jy is en vir wat jy vir my beteken
Met net een woord my hart te verwoord dit wat ek nou voel vir wat jy vir my gedoen het
Nooit gedink
Dat jy soveel vir my beteken nie, ek het nooit gedink
Dat jy soveel vir my beteken nie
En o
Om jou te verloor was 'n verlies so
Veel groter as wat ek kon glo
My daad verdof
Tot die stof waartoe stof terugkeer en die as van die vuur
Wat ons liefde eens was
Wat ons liefde eens was
Wat ons liefde eens was
Wat ons liefde eens was
En o
Om jou te verloor was 'n verlies so
Veel groter as wat ek kon glo
My daad verdof
Tot die stof waartoe stof terugkeer en die as van die vuur
Wat ons liefde eens was