Staan By My

O die winter wind
Wat oor ons wêreld waai
En die donker ster
Wat in die hemel draai

En 'n teken langs die pad
Wat vorentoe bedui
Hier eindig al jou drome
Hier kom jy nooit verby

Want jy besef terdee
Jou laaste kans verdwyn
Want jou gees is moeg
En jou liggaam pyn

Dan kom ek vir jou haal
Dan kom ek vir jou sê
Ek sê my vriend o my vriend
Ons moet nooit gaan lê

O tot die bitter end (Tot die bitter end)
Tot die son uitbrand (Tot die son uitbrand)
Tot die see opdroog (Tot die see opdroog)
Anderkant die verste anderkant (Verste anderkant)

Al staan ek alleen (Al staan ek alleen)
Sal ek nooit gaan lê (Sal ek nooit gaan lê)
Ek sal steeds hier staan (Ek sal steeds hier staan)
Vir jou die waarheid sê (Die waarheid, die waarheid, die waarheid sê)

Staan my by, my bra
Staan my by, my bra
Skouer aan skouer
Sy aan sy

Staan my by, my bra
Staan my by, my bra
Skouer aan skouer
Sy aan sy

Oe ek sien (Ek sien)
Ek sien (Ek sien)
Ek sien die verste anderkant (Sien die verste anderkant)
Ja ek sien (Ek sien)
Ek sien (Ek sien)
Ek sien die verste anderkant (Sien die verste anderkant)

Hier kom ek vir jou haal (Hier kom ek vir jou haal)
Hier kom ek vir jou sê (Hier kom ek vir jou sê)
Ek sê nee, nee, nee ons sal nooit gaan lê

O tot die bitter end (Tot die bitter end)
Tot die son uitbrand (Tot die son uitbrand)
Tot die see opdroog (Tot die see opdroog)
Anderkant die verste anderkant (Verste anderkant)

Al staan ek alleen (Al staan ek alleen)
Sal ek nooit gaan lê (Sal ek nooit gaan lê)
Ek sal steeds hier staan (Ek sal steeds hier staan)
Vir jou die waarheid sê (Die waarheid, die waarheid, die waarheid sê)

Staan my by, my bra
Staan my by, my bra
Skouer aan skouer
Sy aan sy

Staan my by, my bra
Staan my by, my bra
Skouer aan skouer
Sy aan sy (Staan my, staan my by)

Beliebteste Lieder von Chris Chameleon

Andere Künstler von Pop rock