Vertrek Van Die Twaalf

Moenie vir my sê
Wie ek is nie
Want ek weet wie
Weet jy dan nie?
En jou vertoë dat ek in jou moet glo
Val op die dowe ore van die een waarin jy nie glo

En dis te lank laas dat ons saam gelag het
En dis te lank laas dat ons mekaar hoog geag het

Stemme verhef
Deure wat klap
Swart atmosfeer het op ons huis toegesak
Waar is die lag?
Waar is die lig?
Wens ek wis wat dit is wat ons vrede hier ontwrig

En dis te lank laas dat ons saam gelag het
En dis te lank laas dat ons mekaar hoog geag het

Ek't op soek gegaan na die antwoord
Op die vrae oor die aard van wat ons rus en vrede verstoor
En dit lyk my dit hang saam met die vertrek van die twaalf letters in liefde en respek

En ek weet nou wat die waarskuwing was
Die woorde wat geval het toe ons in die ban was
Van die woede wat ons dwaas in ons vasgebind het
Die woorde wat onvanpas hul weg uitgevind het

En dis te lank laas dat ons saam gelag het
En dis te lank laas dat ons mekaar hoog geag het

Ek't op soek gegaan na die antwoord
Op die vrae oor die aard van wat ons rus en vrede verstoor
En dit lyk my dit hang saam met die vertrek van die twaalf letters in liefde en respek

Die swaard maak seer maar wonde genees
Maar wat gebeur as woorde die hart kneus?
Lank na die tong
Rus in sy skede
Ontkom die liefde aan onherstelbare gebreke

En dis te lank laas dat ons saam gelag het
En dis te lank laas dat ons mekaar hoog geag het

Ek't op soek gegaan na die antwoord
Op die vrae oor die aard van wat ons rus en vrede verstoor
En dit lyk my dit hang saam met die vertrek van die twaalf letters in liefde en respek

En dis te lank laas dat ons saam gelag het
En dis te lank laas dat ons mekaar hoog geag het

En dis te lank laas dat ons saam gelag het
En dis te lank laas

Beliebteste Lieder von Chris Chameleon

Andere Künstler von Pop rock