Ek Moes Leer

Elke dag het ek net bestaan
Week na week kerk toe gegaan
Maar God was ver, so verwyderd
En my sonde het my van Hom geskei

Elke keer het die duiwel probeer
Hy't gesê, ek is nie waardig
Soveel keer wou hy my leer
My oortredings was te groot om te vergeef

Ek moes leer dat Jesus my liefhet
Ek moes hoor Hy het waarlik betaal
Ek moes hoor Hy's die Lewe, Weg en Waarheid
Ek moes glo Hy sal my ook kom haal

Ja ek was skuldig, sonder vrede
Sonder Jesus en sonder lewe
Maar Hy kom en koop my lewe
Op my knieë roep ek Hom aan en Hy vergewe

Ek moes leer dat Jesus my liefhet
Ek moes hoor Hy het waarlik betaal
Ek moes hoor Hy's die Lewe, Weg en Waarheid
Ek moes glo Hy sal my ook kom haal

Is jy nog skuldig, sonder vrede?
Sonder Jesus en sonder lewe?
Hy't betaal sodat jy kan lewe
Buig jou knieë, neem Hom aan en jy sal lewe

Jy kan leer dat Jesus jou liefhet
Jy kan hoor Hy het waarlik betaal
Jy kan weet Hy's die Lewe, Weg en Waarheid
Jy kan glo Hy sal jou ook kom haal

Ja ek was skuldig, sonder vrede
Sonder U Seun en sonder lewe
Maar Hy kom en koop my lewe
Op my knieë roep ek Hom aan en Hy vergewe

Ja ek weet dat Jesus my liefhet
Ja ek weet Hy het waarlik betaal
Ja ek weet Hy's die Lewe, Weg en Waarheid
Ja ek glo Hy gaan my ook kom haal
Ja ek weet Hy's die Lewe, Weg en Waarheid
Ja ek glo Hy gaan my ook kom haal

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel