Ek Sien Die Lig

Krygsman, maak gereed vir die geveg
In jou hande is die swaard van die Gees en die gereg
Kry skoene aan jou voete wat baie ver kan loop
En die gordel van die waarheid, met die skild van die geloof

Die merk van 'n man

Rig jou oë op die waarheid, op die son wat altyd skyn
Kry jou wapens van die Here, kyk die Hemel staan jou by
Daar's geen onheil of geen vrees wat jou ooit sal onderkry
Jy't die hoogste autoriteit, jy't die krag van God gekry

Die merk van 'n man

Ek sien die lig, ek weet ek leef en ek hardloop nog soos een wat weet
Ek sien die lig, ek weet waarheen en ek hardloop nog soos een wat weet

Kyk die Hemel en die aarde en alles sal vergaan
Maar die Koninkryk van die Here sal in ewigheid bly staan
Hy's die Lig wat helder skyn, Hy's die son van geregtigheid
In Sy hande is die waarheid, die lewe se gordyn

Die merk van 'n man

Ek sien die lig, ek weet ek leef en ek hardloop nog soos een wat weet
Ek sien die lig, en ek weet waarheen en ek hardloop nog soos een wat weet
Ek sien die lig, en ek weet ek leef en ek hardloop nog soos een wat weet
Ek sien die lig, en ek weet waarheen en ek hardloop nog soos een wat weet

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel