God van Israel

Kom ons loof die Naam van Jesus
Kom besing Sy grote Naam
Hy is Here, Hy is Koning
Hy's die God van Israel

Hy's die Lewe, Weg en Waarheid
In my hart is ek so vry
Hy belowe die oorwinning
As jy altyd in Hom bly

Nou loof ek Hom as God en Heer
En ek prys Sy grote Naam
Die Skepper van die groot heelal
Dis die God van Israel

Kom ons leef nou in Sy liefde
So het Hy die pad gewys
Met die liefde vir my naaste
En my roem is in die kruis

Nou loof ek Hom as God en Heer
En ek prys Sy grote Naam
Die Skepper van die groot heelal
Dis die God van Israel

En ek prys Hom nou as God en Heer
Kom ons loof Hom almal saam
Die Skepper van die groot heelal
Dis die God van Israel

En ek prys Hom nou as God en Heer
Kom ons loof Hom almal saam
Die Skepper van die groot heelal
Hy's die God van Israel

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel