Help My

Here, ek wil met U praat
Vanaand kom ek Here om my hart oop te maak
Ek wil nie meer alleen wees nie
Ek wil U liefde in my hê

Here, ek hoor U stem in die nag
U het my nie 'n oomblik verlaat
Here, U sê dit in U Woord
U wil nie hê dat 'n mens verlore gaan

Help my Here
Hoor my nou
Hier is my hart
Neem dit tog gou

Ek soek 'n nuwe hart
Een wat U kan loof
Ja ek soek 'n Jesus hart
Net soos U beloof

Here, stap nou saam met my
Help my voete om nie weer te kan gly
Here, hou tog vas my hand
Lei my weg van die donker kant

Here, wees asseblief my oë
Help my om net soos 'n kind te kan glo
Here, kom en vul my gees
Help my om meer soos Jesus te wees
Help my om meer soos Jesus te wees

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel