Huwelikslied

Vrede vir jou
Vrede vir my
So beloof die Heer
Aan dié wat Hom bely

Wysheid begin
Met die dien van die Heer
Wat is die mens?
Sy lewe kom en keer

Ons laat wat ons doen
Dan aan die Here oor
O diepte, rykdom, wysheid
En die kennis van God's Woord

Wie ken U oordeel?
En wie gee U raad?
Uit Hom, deur Hom, tot Hom
Kom dit alles wat ons vra

En ek sal jou liefhê
En ek sal jou dra
En ek sal jou bystaan as die lewe dit vra

Vir my is jy liefde
Vir my is jy vrede
Vir my is jy alles wat 'n man ooit kan vra

So gee ons aan
God al die eer
'n Mens kan beplan
Maar Hy bly in beheer

Ek sing van U liefde
En ek sing tot U eer
Want nêrens bestaan 'n siel
So groot soos onse Heer

Prys die Heer
Prys die Heer
Prys Sy Naam

Dankie vir vandag
Ons dank U vir ons bestaan

En ek sal jou liefhê
En ek sal jou dra
En ek sal jou bystaan as die lewe dit vra

Want vir my is jy liefde
Vir my is jy vrede
Vir my is jy alles wat 'n man ooit kan vra

Vir my is jy liefde
Vir my is jy vrede
Vir my is jy alles wat 'n man ooit kan vra

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel