In the Skadu

Ek slaan my oë na die berge
Van waar sal hulp vir my nou kan kom?
My hulp kom net van die Here
Die Skepper van hemel en aarde

In die skadu van die doodsvallei
Hou U my vas, bewaar U my
Sy bloed koop my van die sonde
Geneesing kom deur Sy wonde

Weet jy dit nie, nooit gehoor nie?
'n Ewige Rots is die Koning
Hy word nie moeg en nie maad nie
Niemand deurgrond Sy verstand nie

In die skadu van die doodsvallei
Hou U my vas, bewaar U my
Wat buig jy neer, o my siel in my?
Wat voel jy so of jou voet kan gly?

Ek sing my lied in die more
'n Nuwe lied vir my Koning
My hande maak ek 'n offer
My mond besing Hom vir ewig

In die skadu van die doodsvallei
Hou U my vas, bewaar U my
Deur vuur, gevaar of die dood se stryd
Bewaar Hy my tot in ewigheid
Bewaar Hy my tot in ewigheid

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel