Ja Ja

Daar's 'n nuwe lekker stappie so onder my
En my voete wil dans, en my hart is bly
My hande wil ek klap en my mond wil juig
Van Koning Jesus wil ek getuig

Ja, ja van Hom wil ek sing
Dis Hy wat my die vreugde bring
Ja, ja om die Here te dien
Dis die lekkerste ding, jy kan dit mos sien

Ek het 'n jas by my pa gekry
Ek dra dit sommer so styf om my
Gewikkel in Sy geregtigheid, kleurvol en baie vry

Nee, nee nie in banke nie
'n Winkel of 'n motorkar nie
Nee, nee nĂªrens nie, jy kan dit net by die Koning kry

Ek het 'n lied by my pa gekry
Ek sing dit oral, ek jubbel en juig
Ek sing en sing, besing Sy Naam
Die evangelie bring ek saam

Kom sing die liedjie saam met my
Voel hoe dit jou hand verbly
'n Nuwe lied op 'n nuwe pad
Die ding wat jy altyd saam kan vat

Ja, ja van Hom wil ek sing
Dis Hy wat my die vreugde bring
Ja, ja om die Here te dien
Dis die lekkerste ding, jy kan dit mos sien

Daar's 'n nuwe lekker stappie so onder my
En my voete wil dans, en my hart is bly
My hande wil ek klap en my mond wil juig
Van Koning Jesus wil ek getuig

Ja, ja van Hom wil ek sing
Dis Hy wat my die vreugde bring
Ja, ja om die Here te dien
Dis die lekkerste ding, jy kan dit mos sien

Ja, ja van Hom wil ek sing
Dis Hy wat my die vreugde bring
Ja, ja om die Here te dien
Dis die lekkerste ding, jy kan dit mos sien

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel