Laat Die Hele Wereld Weet

(Laat die hele wêreld weet)

Ek onthou nou nog die tyd
Toe ek in U oë kon kyk
U het my hart so aangeraak
En my lewe heel gemaak

Ek was vervreemd en so verlore
In my selfsig opgesluit
Maar U ken my hart o Here
Toe ek bely het U bevry

Laat die hele wêreld weet
Ek het my hart aan Hom gegee
En daar is niks wat my sal keer nie
Om nou volheid vir Hom te leef

Julle moet dit almal weet
Daar is niks wat ek begeer nie
Die wêreld het vir my geen kleur nie
Want ek lewe vir my Heer

(Laat die hele wêreld weet)

En nou stap ek net die pad
In Sy liefde, deur Sy krag
Hy't so lankal net gewag
Dat ek Hom tog sal vertrou

Is dit nie lankal vir jou tyd nie
Om jou hart aan Hom te gee?
Dat Hy jou lewe kan beheer
En jy ook saam met Hom kan leef

Laat die hele wêreld weet
Jy het jou hart aan Hom gegee
En daar is niks wat jou sal keer nie
Om nou volheid vir Hom te leef

Julle moet dit almal weet
Daar is niks wat hy begeer nie
Die wêreld het vir hom geen kleur nie
Want hy lewe vir die Heer

Laat die hele wêreld weet
Ek het my hart aan Hom gegee
En daar is niks wat my kan keer nie
Om nou volheid vir Hom te leef

Julle moet dit almal weet
Daar is niks wat ek begeer nie
Die wêreld het vir my geen kleur nie
Want ek lewe vir die Heer

Want ek lewe vir die Heer

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel