O, Ek Glo

O ek glo, ja ek weet Jesus lewe
Aan die kruishout het Hy ons skuld vergewe
Hy betaal met Sy bloed, ja Sy lewe
Sodat ons nou kan leef in die krag van Sy Naam

Hy gee wysheid, die kennis en vreugde
Vir die mens wat in nederigheid voor Hom neer kan buig
Kom en leef nou oorwinnend in Jesus
Kom aanvaar net jou skuld, dis volkome klaar betaal

Kom ons loof Hom nou saam, hef op jou hande in Sy Naam
Daar is krag, wonder krag net in Jesus
Kom ons prys Hom nou saam, kom ons besing Jesus se Naam
Daar is krag, wonder krag net in Hom

Hy vergewe elkeen wat Hom aanroep
Hy bevry diƩ wat Sy Naam bely
Kom ons loof Hom nou saam, Hy's die Here
Hy betaal met Sy bloed, ons is vry in Jesus' Naam

Hy't die dood vir ons oorwin, Hy't 'n Naam bo elke naam
Daar is krag, wonder krag net in Jesus
Kom ons prys Hom nou saam, kom ons besing Jesus se Naam
Daar is krag, wonder krag net in Hom

Ons was dood in ons stryd teen die sonde
Maar Hy kom en betaal dit vir jou en vir my
O ek glo, ja ek weet Jesus lewe
As oorwinnaar het Hy uit die dood opgestaan

Hy regeer, Hy regeer
Elke tong sal bely
Jesus leef, Jesus leef
Elke knie sal moet buig
Ja, Hy leef, ja, Hy leef

Beliebteste Lieder von Danie Botha

Andere Künstler von Gospel