Skipskop
Pak op
Pak op
Sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg
Vêr van hier weg
Skipskop
Skipskop
Wanneer hou die dinge op?
Want die swaarkry lê net voor
Die blou berge oor
Overberg se mens
Is ek gebôre
Op die plek, Skipskop
Nes my pa en sy pa ook
Hier deurdie duine
Lê onse spore
Hier langs die see
By die beach, is ek gedoop
Wat ken ek anders?
As die bloudam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai
Pak op jou goedjies
Verkoop jou bootjie
Sê maar so long Skipskop, Skipskop
Sê goodbye
Die linkerhand
Of die regterhand?
Wat se kant lê die plek
Misverstand
Asseblief meneer
Sê my weer 'n keer
Is dit die pad wat ons moet
Môre vat?
'n Stukkie lê hier
En 'n stukkie lê daar
Die stukkies van my lewe
Hulle lê deurmekaar
Tel op
Tel op
Vir Shorty en vir Pop
Gaan haal vir Awie, en hou daai kleintjie dop
Wat ken ek anders?
As die blou dam se branders
Die wolke en die winde wat hier waai
Pak op jou goedjies
Pak op jou goedjies
Sê maar so long Skipskop, Skipskop
Sê goodbye
Sê maar so long Skipskop, Skipskop, sê
Goodbye