Parys In Die Somer

In 'n Franse kafe sit ons weer in pyns deur die nag
Uit gedagtes soet met selfs die Mona Lisa sal ek lag
Onthou jy?

Onthou jy Parys in die somer?
Die bistro se ligte al laag
Die arkordion se soet refrain
Ons vloei in mekaar soos vonkel wyn

Met pen en papier word dit te veel
Addres onbekend en die skrif aan die muur wag ek hier
Onthou jy?

Onthou jy Parys op sy mooiste?
Onthou jy die ookernag
Langs die Seine Rivier vir ure lank
Soos wilde mos in een gerank

Onthou jy die reis na Montelia?
Onthou jy die klip kasteel?
Waar ons deel kon wees van 'n Renaissance
Bevry deur 'n vuurige dans

Onthou jy?
Onthou jy Parys in die winter?
Sy sneeu wat sag na jou tas
Met wasem woorde teen my ruit
Verdwaal jy hier in my jas

Ek dink aan die groet van jou wange
Die ewigheid van jou lyf
Jou mond wat kwistag oor my vee
My wasig bedien keer op keer

Onthou jy?
Onthou jy?
Onthou jy?

Beliebteste Lieder von Danie Niehaus

Andere Künstler von Afrikaans