Agter Elke Man

Ek scheme 'n ou score nooit nie
Life se rules maak jou te dronk
En die breaks lê soms so ver weg
Deur die tralies van 'n trunk

Jan Wolm se baksteenhuisies
Antie Stienie se kombuis
Waar sy en Sarie suffer ja
Swaarkry het sy prys

Liana is nou Steve s'n
Doreen se hart is dood
Vir 'n boyfriend wat op bikes ry
En rondlê sonder brood

En daar's 'n vrou wat weet wat aangaan
Agter elke man
Al staan sy daar en die trane loop
Saggies oor haar wang (Almal maak tog foute)

Almal maak tog foute
Saam maak ons 'n span
Solank as daar 'n vrou staan
Agter elke man

Toy Boy bly 'n jailbird
En 'n welfare goose se smile
Daar's net rerig rykdom
As daar goud is in jou hart

Kom surprise my met jou new world
Waar elkeen op sy eie jol
Ek scheme dit kan nie werk nie
Vir almal is daar 'n rol

Een speel hy weet wat vry is
Vasgevang in ‘n game
Speel maar waar jy lus kry pel
Ons almal staan op 'n stage

Daar's 'n vrou wat weet wat aangaan
Agter elke man (Agter elke man)
Al staan sy daar en die trane loop
Saggies oor haar wang

Almal maak tog foute
Saam maak ons 'n span
Solank as daar 'n vrou staan
Agter elke man

Daar's 'n vrou wat weet wat aangaan
Agter elke man
Al staan sy daar en die trane loop
Saggies oor haar wang

Almal maak tog foute
Saam maak ons 'n span
Solank as daar 'n vrou staan
Agter elke man
Solank as daar 'n vrou staan
Agter elke man

Beliebteste Lieder von Dewald Wasserfall

Andere Künstler von Pop rock