Jonk tot môre
Ek sal seker maar moet ophou lieg vir jou
Dit raak moeiliker my opmaak stories te onthou
Jy weet ek droom
Jy weet ek droom net
Jy weet ek droom net oor jou
Ek’s aan jou kant
Hierdie belofte jonk tot môre
Jonk tot môre
Hierdie belofte jonk tot môre
Bloei jy nie meer nie?
Hoe moet ek dan weet jy is seer?
Almal praat praat praat die heeltyd te veel
Almal opgesaal te besig om hul bagasie met mekaar te deel
Ek sal seker maar beter na myself moet kyk
Jy't al lank genoeg bekommer oor my
Bekommer oor my om met jouself te kan oorlewe
Sal jy jouself moet kan vergewe
Ek’s aan jou kant
Hierdie belofte jonk tot môre
Jonk tot môre
Hierdie belofte jonk tot môre
Bloei jy nie meer nie?
Hoe moet ek dan weet jy is seer?
Almal praat praat praat die heeltyd te veel
Almal opgesaal te besig om hul bagasie met mekaar te deel
Ons is net wat ons is
Alles alles
Heeltemal iets anders
Als is alles
Ons is net wat ons is
Alles alles
Heeltemal iets anders
Als is alles
Hoe moet ek dan weet jy is seer?
Almal praat praat die heeltyd te veel
Almal praat praat heeltemal iets anders
Bloei jy nie meer nie?
Hoe moet ek dan weet jy is seer?
Almal praat praat die heeltyd te veel
Almal praat praat heeltemal iets anders