Klein Tambotieboom [Live Op Paul Cluver]

As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison

Jy het nie ‘n graad nie
En jy het nie jou kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar en die verte in van ‘n krans af te staar

Die gelukkigste wat ek ooit was, op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag

As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison

Geïsoleer in donderweer, ver van die wolkekrabbers, net die atmosfeer
Wat aan ons kleef
En ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek, jy weet ek het nie
Jy weet ek het nie, ek het nie
‘n Agenda nie

En die gelukkigste wat ek ooit was, op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag

As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison

Beliebteste Lieder von Die Heuwels Fantasties

Andere Künstler von