Nog 'N Jaar
Die skarniere kraak en kreun al weer
Na die roes van die jare die deur
Slaan toe op sy knip asof dit nie genoeg is nie boonop beledig besere
Ek het opgestaan en see toe geloop
En al was dit kalm het ek jou hoor weergalm
Sy sê sy′t 'n vakansie nodig
En of ek haar kan uithelp?
Partykeer gebeur al′s gelyktydig
Sal ek haar vinnig kan uithelp?
Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog 'n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Stagneer ons teen 'n slakkepas
Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ′n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Regresseer ons in ′n japtrap
Die kern van die saak bly staan as die nood druk
Het ons almal brood broodnodig
Ons kan soos sakemanne sonder rym of rede ons pond vleis probeer eis
Wie sal dan so rondstaan vir kwaadgeld
As jou aktetas en jou gemoedstoestand uit hul nate uit bars
Sy sê sy′t 'n vakansie nodig
En of ek haar kan uithelp?
Partykeer gebeur al′s gelyktydig
Sal ek haar vinnig kan uithelp?
Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog 'n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Stagneer ons teen 'n slakkepas
Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ′n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Regresseer ons in ′n japtrap
Voor jy jou oë kon uitvee
Voor jy jou oë kon uitvee
Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog 'n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Stagneer ons teen 'n slakkepas
Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ′n jaar krafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Regresseer ons in ′n japtrap