Pêrels en Lewensredders [Live]

Ek het nog altyd gedink dat
My laaste asem
Sal nie 'n ernstige gebeurtenis
Wees nie

Die heildronk
'n Vol hart rol uit by die mond
Gespe my vas by die ruit
Ons sal hard moet try as ons daar
Wil uitkom
Of rol die film net ageruit
Dis in elk geval my herinnering

Die ter aarde verassing op die rug van 'n wind wat my gedagtes kon verander
Herwinbare organe lankal oorgedra en uitgeplant

Die heildronk
Waarvan die hart van vol is rol uit by die mond
Gespe my vas by die ruit

Ons sal mooi na mekaar moet kyk as ons hier wil uitkom, of rol die film net agteruit
Dis in elk geval my herinnering

'n Leë hart rol uit by die mond
En op teen 'n leer
Hoe hoog is 'n hoog genoeg lewensredderstoel ons val uitspattig soos pêrels
Skynbare pêrels
Op 'n strandvloer

Want dit is maklik om te vergeet
Dat die bed wat jy maak
Is die een waarin jy nou moet slaap

So kom ons speel langs 'n afgrond
Daar waar die Kaap van Goeie Hoop twee blou damme laat kopstamp

Want dit bly maklik om te vergeet
Dat die bed waar jy slaap
Is die een wat jy weer op moet maak

Beliebteste Lieder von Die Heuwels Fantasties

Andere Künstler von