Rede Om Te Glo

Elke mens het 'n storie
Elke mens het seer
Ek was al heel verlore in die wind en donker weer
My wildernis was groot en my beursie leeg
Toe gee jy my 'n rede, 'n rede om te glo

Ek sal jou nooit los nie en ek sal jou nooit vergeet
Waarvandaan ek kom en al's wat ek nou weet
In 'n wêreld vol bakleiery het jou vrede my nou beet
Jy gee vir my 'n rede, 'n rede om te glo

Ek glo soos 'n kind
'n Sondaar by jou deur
'n Dissipel by jou voete
Deur jou skoonheid meegesleur
Al loop ek op 'n stofpad
Al kom daar donker weer
Volg ek jou want jy gee my 'n rede om te glo

Jou stem is vir my hemels
Jou liefde wyd en breed
Die lig in al my donker
Die een wat my vergeef
Ek is lief vir jou met alles
Ek is lief vir jou met niks
Jy gee vir my 'n rede 'n rede om te glo

Ek glo soos 'n kind
'n Sondaar by jou deur
'n Dissipel by jou voete
Deur jou skoonheid meegesleur
Ek glo soos 'n kind
'n Sondaar by jou deur
'n Dissipel by jou voete
Deur jou skoonheid meegesleur
Al loop ek op 'n stofpad, al kom daar donker weer
Volg ek jou want jy gee my, 'n rede om te glo
Volg ek jou want jy gee my 'n rede om te glo

Wissenswertes über das Lied Rede Om Te Glo von Elvis Blue

Wann wurde das Lied “Rede Om Te Glo” von Elvis Blue veröffentlicht?
Das Lied Rede Om Te Glo wurde im Jahr 2013, auf dem Album “Afrikaans” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Elvis Blue

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)