Sy
Hulle sê as sy lag kry die wêreld weer kleur
Sy trek jou in soos die Hemel se deur
Sy's 'n droom wat nooit eindig 'n nuwe begin
O sy laat my leef
As sy seer kry sal my hart net aan hou breek
Sy sê sy's lief vir my en dis al wat ek wil weet
Dan fluister sy my naam en 'n vuur word aangesteek
O sy laat my leef
Sy gaan loop deur strate in 'n wêreld so mal
Sy gaan nog dans en sy gaan huil en lag en val
O sy gaan nog swem in die diepste see
Solank sy altyd weet ek sal haar trane afvee
Daar's 'n plek in haar kyk waar ek myself kan vind
En haar reuk wat bly teen my hemp wil ek myself verdrink
Hoe sê 'n mens totsiens as sy altyd by my bly?
O sy laat my leef
Sy gaan loop deur strate in 'n wêreld so mal
Sy gaan nog dans en sy gaan huil en lag en val
O sy gaan nog swem in diepste see
Solank sy altyd weet ek sal haar trane af vee
Elke hart soek mos sy eie huis
So swerwe ons so kom ons tuis
Sou sou jy loop bly my deure oop
So word ons groot so vinnig so gou
En net soos gister onthou ek jou
Nog net so mooi soos daai eerste keer
Toe ek my arms om jou vou
En sê ek is lief vir jou
Ek's lief vir jou
O jy gaan loop deur strate in 'n wêreld so mal
En jy jy gaan dans en jy gaan huil en lag en val
O jy jy gaan swem in die diepste see
O jy gaan nog swem in die diepste see
Solank jy altyd weet ek sal jou trane af vee