Vriende
My vriende is dood normaal
Hulle kry lief hulle kry soms seer
Werk ook in die dag van agt tot vyf somtyds
My vriende hoor my altyd uit
As ons praat tot laat oor 'n glasie wyn
Hulle deel my lag hulle deel my pyn
Hey vriende julle is altyd daar vir my
Ek weet julle sal altyd by my bly
En dit is goed genoeg vir my
En vriende julle bly hier in my hart
Wat ons het kan niemand ooit weg vat
Soos ons saam op hierdie lang pad stap
Herinneringe red ons steeds
Van oud word en goeie tye vergeet
Saam is nog altyd beter as alleen
En wie weet wat die toekoms hou?
O wie weet hoe lank ons nog sal leef?
Al wat ons hier het is hier en nou
Hey vriende julle is altyd daar vir my
Ek weet julle sal altyd by my bly
En dit is goed genoeg vir my
Hey vriende julle bly hier in my hart
Wat ons het sal niemand ooit weg vat
Soos ons saam op hierdie lang pad stap
Hey vriende julle is altyd daar vir my
Ek weet julle sal altyd by my bly
En dit is goed genoeg vir my
Hey vriende julle bly hier in my hart
Wat ons het sal niemand ooit weg vat
Soos ons saam op hierdie lang pad stap