Sonneblomgesiggie

In my hart is daar 'n kamer met liefde teen die muur
Soentjies vlieg om en om laggies elke uur
In my hart is daar 'n kamer met ogies wat net loer
Sonneblom gesiggie het in my hart kom boer

Sonneblom gesiggie jy maak my bly
Dis jy wat al my soentjies kry
Sonneblom gesiggie jy't in my kom lê
Ek's lief vir jou ek's lief vir jou dis lekker om te sê

In my hart is daar 'n kamer waar jy die heeldag speel
Met liedjies en met rympies het jy my hart gesteel
In my hart is daar 'n kamer sonder pyn en sonder seer
Dis jy wat vir my als van die liefde leer

Sonneblom gesiggie jy maak my bly
Dis jy wat al my soentjies kry
Sonneblom gesiggie jy't in my kom lê
Ek's lief vir jou ek's lief vir jou dis lekker om te sê

Sonneblom gesiggie jy maak my bly
Dis jy wat al my soentjies kry
Sonneblom gesiggie jy't in my kom lê
Ek's lief vir jou ek's lief vir jou dis lekker om te sê

Sonneblom gesiggie jy't in my kom lê
Ek's lief vir jou ek's lief vir jou dis lekker om te sê

Beliebteste Lieder von FATMAN

Andere Künstler von House music