Net Soos in My Droom

Dis elke tree wat jy gee, hoe jy jou hare weg vee, die ritme wat jou beweeg asof jy net bo die grond sweef
Dis wat my van my kop af maak
Dis hoe daai rok aan jou sit, jou sagte glimlag so wit, die grasie van elke tree soos jy net liefde gee
Dis wat my knieë lam maak

Maar mooi sê net te min en pragtig kom nie naby, wat kan ek sing, daar's nie woorde vir iemand soos jy
Dan net soos in my droom, sien ek net vir jou by die wilgerboom en ek sê ek's lief vir jou

Ek gee die eerste tree soos jy jou hare weg vee, daar's 'n knop in my keel en butterflies wat in my maag speel
Die oomblik van waarheid is hier
Jy weet wat ek wil sê, ons wil dieselfde ding hê, ek neem jou hand in my hand, ons praat land en sand
Daar is soveel om te vier

Maar mooi sê net te min en pragtig kom nie naby, wat kan ek sing, daar's nie woorde vir iemand soos jy
Dan net soos in my droom, sien ek net vir jou by die wilgerboom en ek sê ek's lief vir jou

Dan net soos in my droom, sien ek net vir jou by die wilgerboom en ek sê ek's lief vir jou

Wissenswertes über das Lied Net Soos in My Droom von Heinz Winckler

Wann wurde das Lied “Net Soos in My Droom” von Heinz Winckler veröffentlicht?
Das Lied Net Soos in My Droom wurde im Jahr 2011, auf dem Album “24/7/365” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Heinz Winckler

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)