Wat Jy Nooit Sal Vergeet Nie

Somer son begin kwyn, blare's bruiner
Jy begrawe elke plan in 'n stil ontploffing van spyt
Sy was joune, sy was als wat jy wou hê
Al wat jy kan doen is om te groet
Jy dink was daar maar nog bietjie tyd so jy jok vir jouself

Maar die dae gaan verby en dit voel soos jare
En sy's daar binne jou, letsels op hartslare
En nêrens voel vir jou ver genoeg wanneer jy ware liefde vlug
Wat jy nooit sal vergeet nie

Winter kom na 'n hart reeds bevrore
Dis asof tyd stil staan en my woorde niks meer beteken nie
Is daar 'n manier of is dit te laat, het sy dalk al aanbeweeg wyl ek nog pas markeer?
Al wat jy kan doen is om te groet
Terwyl sy binne jou aanhou woed

Maar die dae gaan verby en dit voel soos jare
En sy's daar binne jou, letsels op hartslare
En nêrens voel vir jou ver genoeg wanneer jy ware liefde vlug
Wat jy nooit sal vergeet nie

Weet nie hoe dit gebeur het nie
Maar ek weet net sy is die een

Maar die dae gaan verby en dit voel soos jare
En sy's daar binne jou

Maar die dae gaan verby en dit voel soos jare
En sy's daar binne jou, letsels op hartslare
En nêrens voel vir jou ver genoeg wanneer jy vir iets veg wat jou alles is
Wanneer jy na liefde vlug
Wat jy nooit sal vergeet nie (Wat jy nooit sal vergeet nie)
Wat jy nooit sal vergeet nie (Wat jy nooit sal vergeet nie)
Wat jy nooit sal vergeet nie (Wat jy nooit sal vergeet nie)

Wissenswertes über das Lied Wat Jy Nooit Sal Vergeet Nie von Heinz Winckler

Wann wurde das Lied “Wat Jy Nooit Sal Vergeet Nie” von Heinz Winckler veröffentlicht?
Das Lied Wat Jy Nooit Sal Vergeet Nie wurde im Jahr 2011, auf dem Album “24/7/365” veröffentlicht.

Beliebteste Lieder von Heinz Winckler

Andere Künstler von Middle of the Road (MOR)