Beste Henry

ANTON GOOSEN

Ek ken jou pa en ek hoop al jou paaie draai
Hoop daar waar vier vêr winde waai
Mag die skepe van jou lewe se spore oor die sewe sees draai
En daar vaar waar die hemel strepe suider sterre saai

So laat die windjie dan maar waai, waai
Laat die hane in die sontjie kraai
Kroontjie op die voorkop
Jy’t jou pa se hoed op

En soos die son se hand bo Afrika
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra?

Ek ken jou pa en ek weet die wêreld is klein
Die sirkels word al voller en die binnekant verdwyn
Mag elke môre oophand wink, vlink veer uit die hemel blou
Kyk die dae bars nes grenate oop en elke pit vir jou

So laat die windjie dan maar waai, waai
Laat die hane in die sontjie kraai
Kroontjie op die voorkop
Jy’t jou pa se hoed op

En soos die son se hand bo Afrika
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra?

Jy’s 'n Swanepoel van Afrika
Dis jou pa se hoed wat jy daar dra
So beste Henry, groetnes al om
Jou pa se vriend Jantjieblom

Wissenswertes über das Lied Beste Henry von Hugo

Wer hat das Lied “Beste Henry” von Hugo komponiert?
Das Lied “Beste Henry” von Hugo wurde von ANTON GOOSEN komponiert.

Beliebteste Lieder von Hugo

Andere Künstler von Sertanejo