Selfde Ou Strate
Elke dag diesel'e ou strate
Elke dag diesel'e kafee
En so nou en dan dan pak die begeerte my
Om net hier pad te gee
Die rustigheid van hierdie klein dorpie
Was eers mooi vir my
En so nou en dan dan pak die begeerte my
Om net hier weg te ry
Ek soek die wind in my hare, bloed deur my are
Nuwe mense om te leer ken
Die wind in my hare, bloed deur my are
Nuwe plekke om te verken
Ek soek die wind in my hare, bloed deur my are
Nuwe mense om te leer ken
Die wind in my hare, bloed deur my are
Nuwe plekke om te verken
Nuwe plekke om te verken
Ja dan pak ek my tas vir die langpad
Maar na so dag se ry
Skielik dan tref die begeerte my
Om net weer terug te ry
Ek soek dieselfde bekende gesigte
Dieselfde hoek kafee
En ou bekende vriende
Mense wat my liefde gee
Die gras lyk altyd groener
Aan die ander kant
So kyk eers mooi hier om jou
Voor jy jou siel verpand