Valerie
Valerie van Rondebosch
Met die lag en stem soos groente sop
Sy maak vir my sulke lekker kos
Koffie en toast met peanut botter op
Sy's in ‘n woonstel bo die Main Road
Karre ry heel nag verby
Maar Valerie sy kom van Goodwood
Dis hoekom sy so lekker vry
Valerie my hart is nat
Waar jy verby geskuur het
En Valerie kind weet jy wat?
Ek wonder nou nog wat gebeur het?
Sy't groot geword in Van’s Café
Sy wys my al haar foto’s
Die mense dag sy’s ‘n take-away
Agter die til vandat sy so groot is
Haar voete is plat soos die Cape Flats
Haar gesig ‘n Renoir skildery
Ja ek het Valerie so lief
My Valerie van Van’s Café
Valerie my hart is nat
Waar jy verby geskuur het
En Valerie kind weet jy wat?
Ek wonder nou nog wat gebeur het?
Valerie my hart is nat
Waar jy verby geskuur het
En Valerie kind weet jy wat?
Ek wonder nou nog wat gebeur het?
En Valerie kind weet jy wat?
Ek wonder nou nog wat gebeur het?